KINDERPINKSTER WORD AANGEBIED

 


Werkswinkel vir Gesinsbediening aangebied 

26 Augustus 2012 by NG Gemeente Randburg 


Groeiende Gemeentes heet jou welkom!

Enige navrae oor Tiener- & Gesinsbediening is baie welkom.

HANDLEIDING VIR JEUGLEIERS
God se model deur Jesus verhelder
Gemeenskapsgerigte Jeug- & Gesinsbediening
 ~R120.00 posgeld ingesluit~ 

GEMEENTES KAN GROEI WANNEER …

Dr. Dirkie de Wet - dirkiedewet@absamail.co.za, 011-913-4143, 072-844-8073

PhD – Jeug- en gesinsbediening met ‘n gemeenskapsgerigtheid

‘n Handleiding van 140 A4-bladsye is opgestel en  gaan deeglik in op ‘n breë oorsig van kerk-wees in die postmoderne en globaliserende wêreld. Die volgende stellings word in die handleiding gemotiveer en hoe om ‘n gemeenskapsgerigte jeug en gesinsbediening in ‘n gemeente te begin.:

Gemeentes kan groei wanneer…

Die jeug- en gesinne bemagtig word om die jeug en gesinne in die gemeenskap wat kerklos of kerkloos is vir die koninkryk van God te wen.

Gemeentes en geestelike leiers jeug- en gesinsbediening met ‘n gemeenskapsgerigtheid ernstig sal opneem.

Ouers meer ondersteuning kry om probleme in gesinne te hanteer en hul kinders geestelik op te voed.

‘n Nuwe waardering vir die huishouding van God, die gemeente en die gesin gekweek word.

Daar meer gefokus word op die bou van waardes by almal in die gemeente en gemeenskap.

Die gewone lidmate se gawes en talente beter benut word.

Daar minder op generasie-gaping gefokus word en meer op generasie-integrasie waar oud en jonk saam in diens van God kan staan.

Rolvervulling in gesinne meer aandag ontvang deur waardering vir elke gesinslid te ontwikkel.

Samewerking tussen kerke, gemeentes, geestelike leiers, leiers in die plaaslike gemeenskap en verskillende institute in die gemeenskap ontwikkel word.

Die kerk sigbaar in die gemeenskap opereer om die nood van alle mense te hanteer.

Die instellings van God oor familieskap weer opnuut bestudeer word.

Daar na die kerk deur die bril van die algemene publiek gekyk word.

‘n Bybelse perspektief oor die gesin en uitgebreide geloofsfamilie deeglik verken word.

Die geestelike opvoeding minder programgerig en meer persoongerig is.

Die jeug toegelaat word om by alle gemeentelike aktiwiteite betrokke te raak.

Die kulturele veranderinge in die gemeenskap by die prediking en geestelike opvoeding van die jeug verreken word.

Die gemeente en gemeenskap ‘n gespreksforum vorm om gedeelde kwessies te hanteer.

Die verskeidenheid behoeftes in die gemeente en gemeenskap met die onderbenutte bronne in die gemeenskap gekoppel word.

Die jeug en hul ouers gehelp word om hul Christelike verantwoordelikheid en roeping binne gesinne, gemeentes en gemeenskappe na te kom.

Die opvoeding van die jeug as ‘n gemeenskapstaak beskou word.

Evangelisasie op ‘n etnies-vriendelike wyse aangepak word met die nodige kennis van kultuurverskille.

Gesinsbediening as gemeentebediening beskou word.

Jeug- en gesinsbediening geïntegreerd plaasvind.

Die gemeente en gemeenskap deeglik verken word en nuwe strategieë vir kerk-wees oordink word.

‘n Ontmoetingspunt tussen die kerklike en sekulêre wêreld gevind word.

Die kerk die stroom sekulêre invloede teenstaan met Christelike waardes.

Kerklike simboliek en rituele met die impak wat dit het opnuut herwin en deel word van gelowiges se geestelike lewe.

Navorsing oor die praktiese uitvoering van ‘n jeug- en gesinsbediening met ‘n gemeenskapsgerigtheid oorweging sal geniet.

_________________________________________________________________________________________________________________________

Beskikbaar vir: 
Kinder- en jeugdienste, kinderpinkster, gewone eredienste, Power Point-aanbieding oor tienerdepressie en -selfmoord, hantering van sessies by gesins- en jeugkampe en jeugopleiding volgens behoefte.

Word-dokumente om af te laai: Kyk INHOUDSOPGAWE 4.docx hier onder.
1. Inleidende gedagtes oor wat met gesinsbediening bedoel word.
2. God se plan met die gesin.
3. Gesonde gesinne.Nuwe byvoeging

Indien jy na enige onderwerpe oor tiener- en gesinsbediening of leierskap soek, skakel my gerus.

INHOUDSOPGAWE 4.docx INHOUDSOPGAWE 4.docx
Size : 32.968 Kb
Type : docx


Groeiende Gemeentes …

…is gemeenskapsgerigte gemeentes 

In elke gemeenskap is daar ‘n groot aantal mense wat in een of ander nood verkeer – veral geestelike nood. Die gemeente se primêre verantwoordelikheid is om diegene met die evangelie te bereik wat nog nie deel van die kerk as liggaam van Jesus Christus is nie.

...bemagtig lidmate

Die hoofsaak van ‘n gemeente is dus om gesinne te bemagtig om op ‘n spontane wyse met die inwoners van ‘n woonbuurt te kommunikeer wat kerklos geraak het of heeltemal kerkloos is. Die strategie behels ‘n holistiese benadering wat die gesinsekologie en die gemeenskap insluit waar bemagtiging van gesinne moet plaasvind. Bemagtiging sluit in die medewerking van alle lidmate in die gemeente en vennote in die gemeenskap waardeur God die kerk tot groter sigbaarheid en relevansie wil lei.

…verken die gemeenskap se behoeftes en bronne

Ons leef in ‘n samelewing waarin vervreemding van mekaar al hoe meer plaasvind. Bure ken nie meer mekaar nie weens oorvol lewens-programme. Verwêreldliking/sekularisasie weerhou lidmate van erediensbywoning. Daarom is ‘n verkenning van lidmate se behoeftes en die bronne wat hul behoeftes kan bevredig prioriteit om die evangelie op ‘n ander wyse te bereik. Dink aan die bedieningsmetode van Jesus waar Hy nie net op die geestelike lewe gefokus het nie, maar ook die liggaamlike behoeftes bevredig het.

...gee vir alle gesinne om   

Met ‘n internasionale verskeidenheid van ongeveer 35 verskillende gesinsamestellings, word ‘n gesin soos volg gedefinieer: ‘n Gesin is die groepie mense wat mekaar op ‘n gereelde basis versorg.

Bediening van gesinne in die gemeente en omgewing

Don W. Hebbard gee in sy boek "the Complete Handbook for Family Life Ministry in the Church, p.6, 'n definisie van gesinsbediening:

Family life ministry is ministry of the church through preventive and therapeutic efforts designed to strengthen all forms of families in the church and the community.

Jesus het mense met betrekking tot hul behoeftes bedien. As hulle honger was, het Hy hulle gevoed. As hulle siek was, het Hy hulle genees. As hulle 'n leier nodig gehad het, het Hy hulle gelei. Dit het Hy gedoen om die liefde van God aan mense bekend te maak.

Gesinsbedienng begin by die noodsituasies van mense in die omgewing, by afsondering in gebed, 'n studie van gesinsbedienng, by selfondersoek en wat my missie in die gemeente en omgewing is.

Vrae om te vra: Is die teikengroep die gemeente, die gemeenskap of beide? Is daar 'n gewilligheid by die geestelike leiers en lidmate om daadwerklik met gesinsbediening te begin?

Werkswinkelsessies   

1. Krisisidentifisering in gemeente en gemeen-skap

2.1. Gesinsbediening as wese van gemeente-bediening

2.2. Die doel van gesinsbediening

3.1. Bybelse perspektiewe op gesinsbediening

3.2. ‘n Teologie vir gesinsbedienin

4.1. Geloofsvorming in ‘n multikulturele situasie

4.2.  Gemeenskapsgerigte jeug- en gesinsbediening

4.3. Rolspelers by gesinsbediening

5.1. ‘n Strategie vir gesinsbediening

5.2.   Die vyf vlakke van gesinsbediening

5.3.   Infasering van gesinsbediening in gemeentes

Jeugleieropleiding 

Die volgende onderwerpe is bloot ‘n paar voorbeelde van wat aangebied kan word.

1.     Jeug- en gesinsproblematiek

2.     Gesin as mikro-gemeente

3.     Kommunikasiesteurnisse

4.     Om betrokkenheid te stimuleer

5.     Geloofsontwikkeling

6.     Stimulering vir gebed en Bybelstudie

7.     Leierskap

8.     Verhoudingsbou

9.     Generasieverskille

10.  Selfbeeld en Godsbeeld

2. God se plan met die gesin.doc 2. God se plan met die gesin.doc
Size : 30.5 Kb
Type : doc
3. Gesonde gesinne.doc 3. Gesonde gesinne.doc
Size : 25 Kb
Type : doc

Inleidende gedagtes oor gesinsbediening

Gesinsbediening as prioriteit: Ten spyte van die krisisse in die postmoderne gesin, bestaan die hoop in God dat gesinne hul goddelike doel in die gemeente en gemeen-skap sal herwin. Die hoop word versterk deur die verblyden-de reaksie van ouers wat jare afwesig was en terugkeer wanneer ‘n gemeente gesinsbediening bo-aan die priori-teitslys van gemeentebediening plaas of dit as die kern van gemeentebediening beskou.

Gesinsbediening as nuwe veld: Gesinsbediening is 'n redelike nuwe veld, veral met die bemagtiging van  ouers en die jeug om in die gemeenskap betrokke te raak. Dit is 'n veeleisend taak omdat die gemeenskap in Suid-Afrika al hoe meer ‘n heterogene en multi-kulturele vorm aanneem. Modelle vir só 'n bediening is min en sal met waagmoed, geduld en geloof ontwikkel moet word. Gesinne, gemeentes en gemeenskappe vra na kreatiewe antwoorde vir talle probleme waarmee geworstel word.

Skeptiese benadering: Omdat hierdie bediening redelik nuut is, kan dit aanvanklik skepties benader word. Dit vra 'n innoverende gemeente om so 'n bediening aan te pak. Sulke gemeentes moet ook verseker wees van foute wat gemaak kan word en om kritiek te aanvaar wat altyd gepaard gaan met die werk van pioniers. Gesinsbediening sal binne elke gemeente anders lyk en ook deur elke geestelike leier op ‘n eie unieke wyse hanteer word omdat gemeenskappe en die gawes van geestelike leiers van mekaar verskil.

Ondersteuning vir gesinne: In die samelewing waar nie veel ondersteuning vir gesinne gebied word nie moet 'n gesinsbediening ontwikkel word wat ouers kan ondersteun in die uitvoering van hul opvoedingstaak. Hierdie benadering moet in die lig van snelle veranderinge in die gemeenskap en gesinne beskou word en kan daarom nie ‘n benadering wees wat slegs 'n tydelike antwoord vir die krisisse in gesinne bied nie.

Doelgerigte nadenke: Talle teoloë is besig om doelgerig na te dink oor die herstel van die gesin as die belangrikste kleingroep of mikro-sisteem in die gemeente en samelewing vir sosialisering en as huiskerk vir die oordra van geloof

Gesin as beginpunt vir geloofsoordrag: Die gesin as kleinste verbondseenheid word as die beginpunt van geloofsoordrag aan kinders gesien en vandaar moet die geloofsoordrag na die res van die gemeente, gemeenskap en wêreld plaasvind. Die passie vir gesinsbediening om ander in die gemeente en gemeenskap te kan bedien, moet binne die gesinsverband saam met kinders gebore en ontwikkel word. 

Die gesin in die erediens: By die erediens word die gemeente as huisgesin van God gevoed om 'n gesins-bediening te ontwikkel en om saam fees te vier oor die herstel wat binne gesinne, die gemeente en samelewing plaasvind. Die belydenis om te glo in die gemeenskap van gelowiges word prakties beleef en nie net verbaal bely nie.

‘n Verbintenis en wilsbesluit: Geloofsvorming in gesinsverband vereis in die eerste plek 'n verbintenis en 'n wilsbesluit en nie slegs teoretiese kennis nie. Ouers het in die afgelope dekades gewoond geraak om vir die opvoe-ding, sosialisering en ontspanning van hul kinders hoof-saaklik op skole, kerke, die sportlui en vermaaklikheids-plekke te steun.

Gesinsbediening as gemeenskapsaktiwiteit: Gesinsbediening en kinderopvoeding is 'n gemeenskaps-aktiwiteit met behulp van die hulpbronne in die gemeenskap. Ouers moet geleer word om bestaande hulpbronne in die gemeenskap deel van die gesinsprogram te maak vir die maksimale ontwikkeling van kinders. 'n Nouer samewerking tussen maatskaplike werkers, sielkundiges, mediese deskundiges, opvoedkundiges en ander hulpbronne vir gesinne sal binne  gesinsbediening verreken moet word. Binne 'n samelewing wat meer multi-kultureel word, sal gesinsbediening nie net lidmaatgeoriënteerd kan wees nie, maar ook gemeenskapsgerig. Gesinsbediening sal alle vorme van gesinne moet insluit. Gesinsbediening behels dus die opbou van gemeentegesinne om na alle gesinne in nood uit te reik. Gemeenskapsvriendelikheid of –gerigtheid word as 'n belangrike komponent van die gesinsbediening beskou. As die uitbou na die gemeenskap te stadig vorder of stagneer, dan moet die oorsaak in die opbou van individuele gesinne in die gemeente gesoek word. Die op- en uitbouproses is die slagare na en van die hart van die gemeente. 

Kontakbesonderhede

Dr. Dirkie de Wet

PhD - Tiener- & Gesinsbediening, Universiteit Pretoria.

Tel.: 011-913-4143

Sel.: 072-844-8073

E-pos: dirkiedewet@absamail.co.za

Woning: Boksburg

This free website was made using Yola.

No HTML skills required. Build your website in minutes.

Go to www.yola.com and sign up today!

Make a free website with Yola